Parkiebank, Herfs 2017 - Fokofpolisiekar

Parkiebank, Herfs 2017 - Fokofpolisiekar

Год
2017
Язык
`Afrikaans`
Длительность
214960

Below is the lyrics of the song Parkiebank, Herfs 2017 , artist - Fokofpolisiekar with translation

Lyrics " Parkiebank, Herfs 2017 "

Original text with translation

Parkiebank, Herfs 2017

Fokofpolisiekar

jy mag jouself dalk vind

in die middel van die dag

op 'n parkiebank sit

en dan dink jy

hoe bekostig hierdie mense hierdie europese karre

en palasale toskanse tronke

jy mag dalk dink in 'n arm land is rykdom 'n skande

maar iemand is altyd ryker as almal anders

jy mag dalk dink, wat doen ek dat ek

in die middel van die dag op 'n parkiebank kan sit

en dan raak ek bly

want wat is daar om te doen

wie probeer ek beindruk?

en dan dink jy by jouself

ek gaan nie my hele lewe lank werk

om eendag niks te kan doen nie

ek sal sommer nou begin

ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê?

wat maak ons nog hier?

hierdie plek is nie ons sin nie

jou huis is waar jou mense is

my mense het nie tuisland nie

ons doen nooit wat ons se ons gaan nie,

wat maak ons nog hier?

miskien dink jy by jouself

ek is 'n produk, ek is 'n bemarkingsveldtog, ek is 'n kommoditeit

dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie

die middelklas is 'n buffer en ons moet hier uit

want die honger mense bly nie lank honger nie

die malles het beheer van die malhuis geneem

en kom al hoe nader aan die kluis

in die donker is die blinde een koning

mag onder koning maak mag onder volgelinge?

en die koning bly nie lank op sy troon nie

ek le op die gras en luister lukas maree

ek vermoed die hart werk soos die weeduwee se kruik

haar hart is seer want haar man is dood

en ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is

ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê?

wat maak ons nog hier?

hierdie plek is nie ons sin nie

jou huis is waar jou mense is

my mense het nie tuisland nie

ons doen nooit wat ons se ons gaan nie,

wat maak ons nog hier?

wat maak ons nog hier?

wat maak ons nog hier?

wat maak ons nog hier?

wat maak ons nog hier?

ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê?

wat maak ons nog hier?

hierdie plek is nie ons sin nie

jou huis is waar jou mense is

my mense het nie tuisland nie

ons doen nooit wat ons se ons gaan nie,

wat maak ons nog hier?

2+ million lyrics

Songs in different languages

Translations

High-quality translations into all languages

Quick search

Find the texts you need in seconds